Studente

Yster slyp yster, en een mens slyp die aard van 'n ander. 

Spreuke 27:17

Hier bou ons geloof, vriendskap en doel! Ons gesels eerlik oor die lewe, vra vrae oor geloof, en leer om Jesus prakties te volg — tussen studies, koffiedate en kampus-chaos. Dis ’n plek waar jy kan groei, lag en behoort. 

Wanneer sien ons mekaar

Woensdae 18:00-20:00

Ons delf saam dieper in die Woord met Bybelstudie en eerlike groepgesprekke oor geloof en lewe. Dis ’n veilige spasie om vrae te vra en saam te groei. 

Sondae 18:00-19:30

Ons kom saam vir aanbidding en die Woord — met inspirerende woord wat prakties en relevant is vir elke student se lewe. 

Klein groepe

Gesels. Groei. Geloof

Ons ontmoet in klein groepe om saam te gesels oor geloof, lewe en alles tussenin. Dis ’n plek van egte vriende, diep gesprekke en groei in Jesus. 
Calendars
Dienste
inGeloof Jeug
Opkomende Gebeure

Enige vra?