Vrywilligers

as goeie bestuurders van die veelvoudige genade van God, moet julle mekaar bedien, in ooreenstemming met die genadegawe wat elkeen ontvang het. 

1 Petrus 4:11

By Kuierkerk glo ons elke mens het ’n unieke gawe om ’n verskil te maak. Wanneer jy dien, bou jy nie net die kerk nie – jy bou mense, geloof en liefde. Kom wees deel van wat God hier doen! 

Waar kan jy dien

Hier is so paar plekke waar ons vrywilligers benodig

Aanbidding – Sangers of musikante.
Welkom & Koffiespan – Skep ’n warm atmosfeer vir almal wat inkom.
Kinders & Jeug – Help jong harte groei in geloof.
Media & Tegnies – Bedryf klank, ligte of kamera agter die skerms.
Gebedspan – Ondersteun die bediening deur geloof en gebed.
Studente & InGeloof – Bou jong volwassenes en help hulle hul roeping ontdek.

Vrywilliger FAQ

Hoe raak ek betrokke?

Maklik! Vul net die vorm hieronder in en dan sal ons span jou kontak met  meer inligting en jou help om in te skakel.

Moet ek elke week dien?

Glad nie! Jy kan dien soos jou tyd dit toelaat — sommige spanne werk op ’n rooster, ander net wanneer jy beskikbaar is. 

Ek weet nie waar ek pas nie — wat nou?

Geen stres nie! Jy hoef nie alles uit te figure nie. Ons gesels saam met jou en help jou ontdek waar jou gawes en passie in pas. 

Is daar opleiding of hulp?

Ja! Elke vrywilliger kry leiding en ondersteuning. Jy kort net ’n gewillige hart  — ons wys jou graag die res. 

Gereed om deel te word van die span? Vul die vorm hieronder in en ons kontak jou graag! 

Vrywilliger Aansoek

Persoonlike Informasie

Bedieningsvoorkeure