Ons storie

Hoe ons ontstaan het..

KuierKerk het begin as ’n klein, informele selgroep deur ds. Anton van Zyl, met ’n hart vir mense wat hul plek in die kerk verloor het. Wat oorspronklik ’n kuier en Bybelstudie vir ’n paar mense was, het vinnig gegroei tot ’n onafhanklike gemeente in 2010.

Vandag is KuierKerk ’n plek waar elke persoon se unieke verhouding met God Drie-eenheid waardeer word en waar geloof prakties, vriendelik en eg geleef word  

Oor kuierkerk...

KuierKerk is ’n informele geloofsfamilie waar egte verhoudings met God Drie-eenheid en met mekaar saak maak. Ons glo dat elke persoon se unieke geloofsreis waardevol is — sonder oordeel, sonder onnodige reëls. 

Waarnatoe is ons oppad...

KuierKerk is oppad om te groei as ’n gemeente wat jongmense toerus en inspireer, en om meer mense met die liefde van Jesus te bereik. Ons wil ’n plek wees waar geloof prakties geleef word, verhoudings bloei, en elke persoon hul unieke gawes kan uitblink.

Waar is ons...