Wat ons glo...

"Elke mens het n persoonlike verhouding met God" 

kern Waardes

God

Ons glo in God die Vader, die Skepper van alles. Hy is liefde, regverdig en betrokke by elke persoon se lewe. Verhoudings met God is die kern van ons geloof, en ons glo dat elke mens ’n unieke pad met Hom het.

Jesus

Jesus Christus is God wat mens geword het. Hy is ons Saligmaker en Redder, en deur sy lewe, dood en opstanding wys Hy ons hoe om ’n seën vir ander te wees. Sonder Hom is ons niks.

Heilige Gees

Die Heilige Gees werk in elke gelowige se hart om geloof te versterk, leiding te gee, en gawes te openbaar. Ons glo dat God deur die Gees elke persoon toerus om prakties en betekenisvol Sy liefde uit te leef. 

Openbaring

Die Woord van God (Bybel) is ons gids. Ons glo dat die Ou Testament die grondslag bied om die Nuwe Testament te verstaan, en dat Christus die wet volbring het. Ons bestudeer die Bybel in eenvoud, maar met die volle inhoud, om dit toepasbaar in ons lewe te maak.

mensdom

Ons glo dat elke mens waardevol is en uniek geskape is. Ons probeer ’n veilige geloofsgemeenskap bou waar elkeen se gawes en persoonlikhede geprys word, en waar almal kan groei in geloof en gemeenskap. 

sondeval

Ons verstaan dat mense gebroke is en soms van God se pad af dwaal. Sonde skep skeiding tussen God en mens, maar ons glo dat daar verlossing en genesing is deur Christus.

verlossing

Verlossing kom deur geloof in Jesus Christus. Hy het die straf vir sonde gedra en bied aan elke mens ’n nuwe lewe aan. Ons glo in die krag van sy genade om te verander en te herstel.

DIE KERK 

Die kerk is ’n byeenkoms waar gelowiges saam groei, aanbid en hul gawes gebruik om ’n verskil te maak. By KuierKerk voel almal welkom om hul geloof op hul eie manier uit te leef.

OPSTANDING 

Jesus se opstanding is die kern van ons hoop. Dit wys dat die dood nie die einde is nie en bevestig sy oorwinning oor sonde en die graf. Ons glo dat elke gelowige eendag saam met Hom sal opstaan en die ewige lewe sal deel. 

Wil jy meer weet?

ons wil graag van jou hoor. Vul gerus die vorm in.